Die woord Dada beteken stokperdjie in Frans en is dikwels die eerste woord wat 'n kind sê.
Die kunstenaars van die beweging het 'n nuwe begin in kuns gesoek en die soeke na vryheid beklemtoon.
Dada kunstenaars het daarnatoe gestreef om mense te laat skrik en om te spot met ander se werke. bv. Man Ray wat 'n strykyster (veronderstel om 'n huishoudelike toestel te wees) spykers opgesit en dit redelik geweldadig laat lyk het.

Dada het nie 'n vaste styl of tegniek beslaan nie maar was meer gebasseer op 'n gemoedstoestand en rebelering teen die samelewing se vooropgestelde idees van lewe.
No comments:
Post a Comment