Monday, February 18, 2013

Neo-klassieke kuns

Neo klassieke kuns is 'n styl waarin mense hulle idee van die huidige politieke toestand uitleef in 'n ernstige toon , logiese- en moraliserende manier.

Die styl het bestaan toe die Franse revolusie tot 'n republiek in Frankryk gelei het. Soos Napoleon meer mag gekry het , het dit meer in die lyn van propaganda beweeg.

Hierdie styl se ontwerp bestaan hoofsaaklik oor 'n paar figure, wat kalm en onbeweeglik is. ( Klassieke Beeldhoukuns) . Die komposisie was gebalanseerd en georden en bevat dikwels vorms soos driehoeke en reghoeke. Baie harde buitelyne, duidelike vorms en diepte was noodbelangrik vir Neo-klassieke kunstenaars. Terwyl die verf daarvan baie realisties en egalig is. Sterk kontraste tussen kleure word dikwels in sulke skilderye gesien, veral die verwisseling van lig en donker. Die kunswerke is meer objektief, ernstig en intellektueel as emosioneel.


No comments:

Post a Comment