Thursday, April 18, 2013

Paul Cezanne

Cezanne is die seun van 'n ryk bankier. Hy het sy pa oorreed dat hy kuns gaan studeer. Hy was 'n baie teruggetrokke student wat op sy eie gewerk het. Hy het oorspronklik donker kleure gebruik en het geweldadig goed geskilder. Pisarro het vir Cezanne voorgestel aan landskapskilderye. Toe sy pa oorlede was het hy baie geld ge-erf en kon sy eie styl kies. In 1895 het hy sy eerste groot uitstaling gehou en was in 1900 as 'n genie beskou.

Hy het die menslike anatomie geignoreer en het vir die mens se liggaam dieselfde hoeveelheid aandag gegee as 'n dooie vrug. In The Large Bathers is daar 'n klomp naak figure met 'n landskap in die agtergrond. Die spesefieke kunswerk is baie eenders as die van sy vrugte, want hy het dieselfde skilder tegniek gebrui (olie of 'n doek) terwyl hy die mense / vrugte slegs gebruik het as dekorasie en nie regtig gefokus op hoe hulle lyk nie. Die naakfigure is redelik groot en hulle lentes en gewig mag dalk effens oor beklemtoon wees. Die skildery is ook geskilder met die piramidale effek. Die boomstompe is in 'n driehoek gelê , en die twee middelste vrouens se arms ook. Cezanne was een van die meer talentvolle of geleerde skilder van die post impressionistiese tyd.


Wednesday, April 17, 2013

Paul Gauguin

Gauguin is in Parys gebore en het eers in 'n Franse handelsvloot gewerk. Daarna word hy 'n baie suksesvolle aandeelshandelaar. Hy het 'n vrou en vyf kinders gehad. Deur die loop van sy lewe ontmoet hy vir Pisarro en word 'n amateurskilder. Gauguin het na 11 jare van harde werk als opgegee vir kuns. Na hierdie verandering in lewenstyl het hy in armoede geleef sonder 'n vrou en kinders, meeste van die tyd siek en ongelukkig.

Hy het baie rondgetrek opsoeke na 'n kans tot hy 'n deurbraak kon maak, eers as 'n impressionis, en later in 1888 werk hy saam Van Goch in Arles as 'n post impressionis.

1891 Pak Gauguin sy goed en vaar na die Poliniese eilande en gaan leef daar omdat die samelewing nie vir hom werk nie. Wat lei tot die kunswerk, The day of God 1894

Die skildery weerspiëel wat Gauguin van Poliniese mitologie dink, wat 'n baie eksotiese en onwerklike idee was. Die figuur in die middel is die god van die Maori-godsdiens en sy naam is Taaroa . Daar is twee vrouens aan die linkerkant wat vir Taaroa persente vat, twee vrouens wat 'n rituele dans uitvoer .Een persoon blaas 'n fluit en daar is 'n moederfiguur met har kind. Maar seker die belangrikste is die drie naak vrouens wat heel voor lê en twee van hulle in die embriokrul wat die skepping voorstel.

Gauguin is 1903 oorlede as gevolg van siekte en armoede.

Monday, April 15, 2013

Vincent Van Goch

Hy is gebore in Holland en was die seun van 'n predikant, en het in sy pa se voetspore probeer trap maar het sy teologie studies gedruip. Daarna het hy sendings werk begin doen maar het ook nie daarin geslaag nie. Hy het op die ouderdom van 27 begin skilder en was nooit die wêreld se beste skilder nie. Met geen opleiding nie en 'n ongewone styl is dit redelik verstaanbaar. Sy kenmerkende tegniek was impasto. Dinge het nie goed gegaan vir Van Gogh nie en hy het aan depressie begin lei. Nadat sy meisie hom gelos het , hy druip teologie, en verkoop slegs een van sy +- 800 skilderye het hy sy linkeroor afgesny en dit vir 'n prostitiet gegee. Dinge het nie beter geword vir die man nie en hy het selfmoord gepleeg deur homself in die kop te skiet.

Dis hartseer om te dink dat hy een van die wêreld se bekendste skilders is en hy kon slegs een skildery voor sy dood verkoop nou is sy Starry Night skildery 'n fortuin werd.


Starry Night:

In hierdie skildery beeld hy uit hoe klein die mens eintlik is en dat daar baie groter goed daar buite is, alhowel die kerk in hierdie skildery die grootste gebou is is die bome, berge en veral hemelruim vir hom baie groter en belangriker wat daarop dui dat hy 'n baie gelowige en emosionele persoon was. 

Hy het hierdie geskilder toe hy in die psigiatriese hospitaal in St. Remy was.