Cezanne is die seun van 'n ryk bankier. Hy het sy pa oorreed dat hy kuns gaan studeer. Hy was 'n baie teruggetrokke student wat op sy eie gewerk het. Hy het oorspronklik donker kleure gebruik en het geweldadig goed geskilder. Pisarro het vir Cezanne voorgestel aan landskapskilderye. Toe sy pa oorlede was het hy baie geld ge-erf en kon sy eie styl kies. In 1895 het hy sy eerste groot uitstaling gehou en was in 1900 as 'n genie beskou.
Hy het die menslike anatomie geignoreer en het vir die mens se liggaam dieselfde hoeveelheid aandag gegee as 'n dooie vrug. In The Large Bathers is daar 'n klomp naak figure met 'n landskap in die agtergrond. Die spesefieke kunswerk is baie eenders as die van sy vrugte, want hy het dieselfde skilder tegniek gebrui (olie of 'n doek) terwyl hy die mense / vrugte slegs gebruik het as dekorasie en nie regtig gefokus op hoe hulle lyk nie. Die naakfigure is redelik groot en hulle lentes en gewig mag dalk effens oor beklemtoon wees. Die skildery is ook geskilder met die piramidale effek. Die boomstompe is in 'n driehoek gelĂȘ , en die twee middelste vrouens se arms ook. Cezanne was een van die meer talentvolle of geleerde skilder van die post impressionistiese tyd.
No comments:
Post a Comment