Hy is gebore in Holland en was die seun van 'n predikant, en het in sy pa se voetspore probeer trap maar het sy teologie studies gedruip. Daarna het hy sendings werk begin doen maar het ook nie daarin geslaag nie. Hy het op die ouderdom van 27 begin skilder en was nooit die wêreld se beste skilder nie. Met geen opleiding nie en 'n ongewone styl is dit redelik verstaanbaar. Sy kenmerkende tegniek was impasto. Dinge het nie goed gegaan vir Van Gogh nie en hy het aan depressie begin lei. Nadat sy meisie hom gelos het , hy druip teologie, en verkoop slegs een van sy +- 800 skilderye het hy sy linkeroor afgesny en dit vir 'n prostitiet gegee. Dinge het nie beter geword vir die man nie en hy het selfmoord gepleeg deur homself in die kop te skiet.
Dis hartseer om te dink dat hy een van die wêreld se bekendste skilders is en hy kon slegs een skildery voor sy dood verkoop nou is sy
Starry Night skildery 'n fortuin werd.
Starry Night:
In hierdie skildery beeld hy uit hoe klein die mens eintlik is en dat daar baie groter goed daar buite is, alhowel die kerk in hierdie skildery die grootste gebou is is die bome, berge en veral hemelruim vir hom baie groter en belangriker wat daarop dui dat hy 'n baie gelowige en emosionele persoon was.
Hy het hierdie geskilder toe hy in die psigiatriese hospitaal in St. Remy was.
No comments:
Post a Comment