Sunday, March 10, 2013

Impressionisme

Invloede:  

Die lanskappe .

Voor impressionisme was Skilderye gewoonlik as minder belangrik beshou. Volgens tradisionaliste was die natuur nie edel of permanent genoeg nie.

Constable was die eerste kunstenaar wat weg gebreuk het van tradisionele landskappe en het suiwer klere gebruik om liefde en respek uit te beeld. Romantisme het 'n groot invloed op die bestaan van impressionisme gehad. Dit het impressioniste help vermy dat die landskap nie oorwerk word nie.

Die wetenskap en kleur van impressionisme : Impressioniste het nie volgens wetenskaplike reëls gewerk nie maar wel wetenskaplike ontdekkings in gedagte hou. Kleure wat naby of langs mekaar gebruik word het 'n groot invloed gehad op die oog en watse kleure die brein opneem.

Die uitvinding van die kamera het 'n groot invloed gehad op hoe Impressioniste skilder, hulle het probeer om een spesefieke oomblik in tyd op te vang en dit uit te beeld in 'n skildery.

Kenmerke van impressionisme

Tema

Dikwels sonnige strate , Water Blomtuine en oplugkafees en slefs binnehuise tonele.

Kleur en lig

-Hulle het probeer om pigmente so na moontlik aan kleur in sonlig te kry.
-Hulle het vermy om Kleure op palette te meng omdat kleure hulle heldery mag verloor as dit gemeng word.
-Hulle het kolle van verkillende kleure langs mekaar geplaas om illusies te vorm in die brein.
-Slegs suiwer kleure is gebruik en swart is totaal en al uitgesluit. Selfs skaduwees is met kleur uitgebeeld.

Kwaswerk

-Kort , sigbare, gebroke kwashale waar elke kwashaal sigbaar is.Sterk buite lyne was nie gebruik nie,
-Elke afsonderlikke kleur is uitkenbaar.
-Verf tegniek is meestal impasto.

Impressioniste het geskilder wat hulle sien in die natuur. En dit het gelei tot modernisme

No comments:

Post a Comment