Saturday, March 9, 2013

Realisme

Realisme is 'n baie subjektiewe benadering van Romantisme. Realiste het gevoel dat die Romantisisme uit voeling was met die alledaagse realiteit en het na waarheid en akkuraatheid gestreef. Die hoofgedagte was om sekere onderwerpe soos die swak toestande en sosiale kritiek uit te beeld.

Realisme vertel stories van wat in die omgewing rondom hulle aangan en idealisering word totaal en al verwerp. Realiste het so ver moontlik probeer om hul kunste getrou aan voorkoms te bly en enige idealisering of stilering te vermy. Realiste was geforseer om afsittende skulderye te maak wat die donker kant van lyding en arbeid uitbeeld.

Realiste het probeer konsentreer op die armer mense wat lei onder slawe arbeid, prostetisie, korrupsie, werkende klas, kleinboere ens. Die beeld is dikwels aaneenlopend en vorms word duidelik gedefinieer. Kwashale is meestal sigbaar terwyl die kleur meestal aardse- en neutrale kleure bevat wat beklemtoon dat hulle lewens nie kleurvol en vol vreugde is nie.


'n Paar voorbeelde van realiste is Jean Dèsirè Gustave Courbet ( 10 Junie 1819 - 31 Desember 1877 ), 'n Franse skilder en die leier figuur van realisme. 'n Bekende skildery van hom is The Stonebreakers 1849. In hierdie skildery beeld hy twee onbekendes uit wat nie as belangrik beskou was in daardie tyd nie.
Honorè Daumier (26 Februarie 1808 -10 Februarie 1879) was ook 'n Franse skilder maar het meer spotprente geskilder as Courbet wat ernstig was. Moontlik sy bekendste skildery was The Third Class Carriage 1863 . Hy lewer dikwels kommentaar oor sosiale- en politieke omstandighede. In die bogenoemde skildery is lig en donker gebruik om aaklige toestande uit te beeld. In hierdie geval was dit die publieke vervoer en armes.

Realiste probeer 'n seker oomblik in tyd stop en daardie oomblik in tyd so realisties as mootlik uit te beeld sonder om 'n mens of voorwerp te idealiseer.

No comments:

Post a Comment