Manet was 'n Franse skilder en het in tussen 1832-1883 gelewe. Hy was deel van die oorgang vanaf Realisme tot Impressionisme. Sy bekendste skilderye is Luncheon on the grass en Olympia
"Daar is slegs een ware ding: skilder onmiddelik wat jy sien . As jy dit het, het jy dit. as jy dit nie het nie, begin jy weer. Die res is alles nonsens." - Edouard Manet
Dit is 'n baie impressionistiese opmerking wat Manet gemaak het en dalk die mees sinvolste opmerking van enige impressionis.
Luncheon on the grass:
Die skildery was seker een van die mees beroemdste skilderye in die 19de eeu.
In die skildery beeld dit 'n piekniek uit waar 'n naak vrou sit en twee beskaafde mans met pakke aan, wat baie kontrasterend is. Die twee mans lyk asof hulle in 'n ernstige gesprek is en dit lyk nie eers asof hulle bewus is van hierdie vrou nie , nie eers ter sprake of hulle belang stel daarin om met haar 'n gesprek aan te knoop nie.
Soos 'n tipiese, tradisionele stillewe is die vrou se klere, vrugte en brood uitgelê. Terwyl daar 'n baie lukrake figuur op 'n fokuspunt agter die mans op haar knieë is, in 'n stroom, met min klere aan. Sy word te groot uitgebeeld in verband met die grootte van die drie mense wat nader aan die staanpunt was. Met ander woorde , hierdie skildery is baie uit preporsie uit. In daardie tyd was naaktheid in kuns slegs aanvaarbaar indien dit op 'n geskikde afstand van die figuur in werklikheid af was (mag nie te realisties gelyk het nie)
Manet was 'n rebel en het teen die kritieke se reëls gestaan, vrouens kaal geskilder en hulle uitgebeeld presies hoe hulle is, prostitiete. Manet was die middelpunt van die kunsbeweging vanaf Realisme tot Impressionisme
No comments:
Post a Comment