1905-1907 Frankryk
Drie kunstenaars naamlik Matisse Derain en Vlaminch was die hoof stigters van fauvisme in Frankryk. Hulle het baie sterk kleure gebruik en die fauviste het hulle naam ge-erf deur negatiewe kritiek. Die bevryding van kleur, weg bly van naturalisme was die grootse bydrae tot modernisme.
Die hoof invloede van Fauvisme was:
-Vincent van Goch
-Paul Gauguin
-Georges Seurat
-Henri Rousseau
-Nie westerse kulture
-en sintetiese kleure
Hulle het allerdaagse tonele uitgebeeld , soos lanskappe , figure, en portrette en het geglo hulle moet hulle emosies uitbeeld in die skildery.
Hulle het nie die regte kleure gebruik om 'n voorwerp realisties te laat lyk nie, maar eerder emosies uit gebeeld deur hulle kleurskemas
Die kleure was suiwer om hul emosies te beklemtoon en hulle het net helder kleure gebruik
Die skilderye word vereenvoudig en on netjies en onnoukeerig gedoen.
Vorms het sterk buite lyne
En dit is ook baie dekoratief.
No comments:
Post a Comment