Thursday, July 25, 2013

SURREALISME

Die Surrealisme was meer as net nog een van verskeie strominge in die literatuur en beeldende kunste uit die eerste kwart van die 20e eeu. Dit was 'n revolusie van waardes wat omtrent elke moontlike kunssoort bygekom en die 20e-eeuse lewe self ten diepste aangetas het.
Die Surrealisme het ontstaan as loot van die *Dadaïsme (die Surrealisme het by Dada se linkeroor uitgespring, het die dadaïs Hans Richter op 'n keer gesê) maar gegroei tot 'n outonome kuns, soos uiteengesit deur Breton in sy eerste surrealistiese manifes (Manifeste du Surréalisme, 1924). Sy naam het die Surrealisme te danke aan die profetiese vernuwer en digter, Guillaurrie Apollinaire, wat sy provokatiewe toneelstuk, Les mamelles de Tirésias (1917), in die voorwoord as 'n "surrealistiese drama" beskryf het. Met die neologisme het hy nie op die bonatuurlike gedui nie maar op die nie-verwante.
Die Surrealisme was nes die Dadaïsme 'n beweging van gewelddadige opstand teen die dwang van die bewaakte denke, d.w.s. teen die begrensing van kennis en ervaring deur die tirannie van 'n logiese, estetiese, sosio-morele bewussyn. Maar, anders as Dada se kom-ons-breek-alles-af-en-kyk-wat-bly-oor-rebellie, was die Surrealisme gerig op 'n stelselmatige bemoeiing met die onbekende terreine van die gees, soos die onbewuste. Was Dada se wanorde en absurditeite nie juis die uiting van magte wat die mens nog altyd onderdruk het en tog sy diepste psigiese werklikhede uitmaak nie, wonders en monsters en al? Met die psigoanalise en okkultisme as wegwysers het die Surrealisme geestestoestande soos die droom en hallusinasie verken en later selfs 'n sentrale navorsingsburo gestig waar lede verskynsels soos primitiewe mites, drogbeelde van kranksinniges, visioene van senuweelyers, skisofrenie, histerie, hipnose (soos die sg. hipnotiese "slape" wat surrealiste soos Crevel en Péret beoefen en opgeteken het), e.d.m. konbestudeer.
Die Surrealisme was dus allereers 'n avontuur van die gees, en nie 'n skool met 'n stel kliniese beginsels nie. Dit was te bevrydend en verkennend om 'n uitgesoekte kunsgenre te dien en slegs die literatuur en visuele kunste as doel na te streef.

DADA

Dada is gebore met die opstand teen die eerste wêreld oorlog en het die waardes van die samelewing bevraagteken. Hugo Ball (digter en skrywer) het die Carbet Voltaire gestig wat basies vir enige kunstenaar of skrywer oop was om hul kommentaar oor die samelewing te lewer. Cabaret Voltaire was 'n mengsel tussen 'n nagklub en 'n kunsvereniging. Een vergadering was daar aan 80 lede hamers uitgedeel om kunswerke te verwoes. Gebeure by die kabaret was die hoof invloed van Dada.

Die woord Dada beteken stokperdjie in Frans en is dikwels die eerste woord wat 'n kind sê.
Die kunstenaars van die beweging het 'n nuwe begin in kuns gesoek en die soeke na vryheid beklemtoon.

Dada kunstenaars het daarnatoe gestreef om mense te laat skrik en om te spot met ander se werke. bv. Man Ray wat 'n strykyster (veronderstel om 'n huishoudelike toestel te wees) spykers opgesit en dit redelik geweldadig laat lyk het.

Dada het nie 'n vaste styl of tegniek beslaan nie maar was meer gebasseer op 'n gemoedstoestand en rebelering teen die samelewing se vooropgestelde idees van lewe.

Monday, May 13, 2013

Die Brucke

In 1905 het drie mans Kirchner, Schmidt-Rotluff en Heckel , in Dresdan die vereniging te vorm wat as Du Brucke bekend gestaan het. Hulle het 'n ou slaghuis gehuur  waarin hulle saam gewerk het en hulle eie publikasies oor hulle idees uitgee. Hulle het ooreengestem oor baie dinge . In 1911 het die groep na Berly getrek en hulle het het hulle groep op die vooraand van die eerste wêreldoorlog ontbind.

Kunstenaars: \

Ernst Ludwig Kirchner
Karl Schmidt-Totttluff,
Emil Nolde
Erick Heckel
Max Penchstein em Otto Mueller.

Die Brucke het daarop gekonsentreer om sosiale omstandighede te kritiseer, die boodskap van die skilderye was belangriker as die tegnieke.
Hulle kunswerke weerspieel baie eerlike en emosionele gevoelings
Dit het 'n vaste emosionele tema, bv. Haat, liefde ens.

Sterk primêre en skondêre kleure was gebruik en toe later donker  somber kleure.
Sterk kleur kontras is gebruik.

Kirchner het 'n selfportret gemaak waar hy homself uitbeeld as 'n soldaat wat sy hand verloor het , Die vorms is baie skerp, hoekig en Diep rooi , emosionele kleure is gebruik.

Sy hand wat afgensy is is sy skilder hand wat bewys dat hy baie ongelukkig is met die sosiale tydperk waarin hy nou is nie.

Duitse ekspressionisme

Die konsep ekspressionisme is 'n permanente tendens ins kuns. Die hoogste individuele styl uit waar 'n vrye verwringing van vorm en kleur plaasvind. Ekspressionisme het gereeld met tye van spanning posgevat , toe die induvidu sy eie gevoelings probeer uitrdruk. Ekspressionisme is 'n spesefieke Duitse kuns van die vroeë 2000s

Invloede

Van Gogh

Nie-westerse kulture

Germaanse karakter

Edvard Munch

 Die Duitse ekspressionisme was in twee groepe verdeel; De Bruke en Der Blaue Reiter

Fauvisme

1905-1907 Frankryk

Drie kunstenaars naamlik Matisse Derain en Vlaminch was die hoof stigters van fauvisme in Frankryk. Hulle het baie sterk kleure gebruik en die fauviste het hulle naam ge-erf deur negatiewe kritiek. Die bevryding van kleur, weg bly van naturalisme was die grootse bydrae tot modernisme.

Die hoof invloede van Fauvisme was:

-Vincent van Goch
-Paul Gauguin
-Georges Seurat
-Henri Rousseau
-Nie westerse kulture
-en sintetiese kleure

Hulle het allerdaagse tonele uitgebeeld , soos lanskappe , figure, en portrette en het geglo hulle moet hulle emosies uitbeeld in die skildery.
Hulle het nie die regte kleure gebruik om 'n voorwerp realisties te laat lyk nie, maar eerder emosies uit gebeeld deur hulle kleurskemas
Die kleure was suiwer om hul emosies te beklemtoon en hulle het net helder kleure gebruik

Die skilderye word vereenvoudig en on netjies en onnoukeerig gedoen.
Vorms het sterk buite lyne
En dit is ook baie dekoratief.


Thursday, April 18, 2013

Paul Cezanne

Cezanne is die seun van 'n ryk bankier. Hy het sy pa oorreed dat hy kuns gaan studeer. Hy was 'n baie teruggetrokke student wat op sy eie gewerk het. Hy het oorspronklik donker kleure gebruik en het geweldadig goed geskilder. Pisarro het vir Cezanne voorgestel aan landskapskilderye. Toe sy pa oorlede was het hy baie geld ge-erf en kon sy eie styl kies. In 1895 het hy sy eerste groot uitstaling gehou en was in 1900 as 'n genie beskou.

Hy het die menslike anatomie geignoreer en het vir die mens se liggaam dieselfde hoeveelheid aandag gegee as 'n dooie vrug. In The Large Bathers is daar 'n klomp naak figure met 'n landskap in die agtergrond. Die spesefieke kunswerk is baie eenders as die van sy vrugte, want hy het dieselfde skilder tegniek gebrui (olie of 'n doek) terwyl hy die mense / vrugte slegs gebruik het as dekorasie en nie regtig gefokus op hoe hulle lyk nie. Die naakfigure is redelik groot en hulle lentes en gewig mag dalk effens oor beklemtoon wees. Die skildery is ook geskilder met die piramidale effek. Die boomstompe is in 'n driehoek gelê , en die twee middelste vrouens se arms ook. Cezanne was een van die meer talentvolle of geleerde skilder van die post impressionistiese tyd.


Wednesday, April 17, 2013

Paul Gauguin

Gauguin is in Parys gebore en het eers in 'n Franse handelsvloot gewerk. Daarna word hy 'n baie suksesvolle aandeelshandelaar. Hy het 'n vrou en vyf kinders gehad. Deur die loop van sy lewe ontmoet hy vir Pisarro en word 'n amateurskilder. Gauguin het na 11 jare van harde werk als opgegee vir kuns. Na hierdie verandering in lewenstyl het hy in armoede geleef sonder 'n vrou en kinders, meeste van die tyd siek en ongelukkig.

Hy het baie rondgetrek opsoeke na 'n kans tot hy 'n deurbraak kon maak, eers as 'n impressionis, en later in 1888 werk hy saam Van Goch in Arles as 'n post impressionis.

1891 Pak Gauguin sy goed en vaar na die Poliniese eilande en gaan leef daar omdat die samelewing nie vir hom werk nie. Wat lei tot die kunswerk, The day of God 1894

Die skildery weerspiëel wat Gauguin van Poliniese mitologie dink, wat 'n baie eksotiese en onwerklike idee was. Die figuur in die middel is die god van die Maori-godsdiens en sy naam is Taaroa . Daar is twee vrouens aan die linkerkant wat vir Taaroa persente vat, twee vrouens wat 'n rituele dans uitvoer .Een persoon blaas 'n fluit en daar is 'n moederfiguur met har kind. Maar seker die belangrikste is die drie naak vrouens wat heel voor lê en twee van hulle in die embriokrul wat die skepping voorstel.

Gauguin is 1903 oorlede as gevolg van siekte en armoede.

Monday, April 15, 2013

Vincent Van Goch

Hy is gebore in Holland en was die seun van 'n predikant, en het in sy pa se voetspore probeer trap maar het sy teologie studies gedruip. Daarna het hy sendings werk begin doen maar het ook nie daarin geslaag nie. Hy het op die ouderdom van 27 begin skilder en was nooit die wêreld se beste skilder nie. Met geen opleiding nie en 'n ongewone styl is dit redelik verstaanbaar. Sy kenmerkende tegniek was impasto. Dinge het nie goed gegaan vir Van Gogh nie en hy het aan depressie begin lei. Nadat sy meisie hom gelos het , hy druip teologie, en verkoop slegs een van sy +- 800 skilderye het hy sy linkeroor afgesny en dit vir 'n prostitiet gegee. Dinge het nie beter geword vir die man nie en hy het selfmoord gepleeg deur homself in die kop te skiet.

Dis hartseer om te dink dat hy een van die wêreld se bekendste skilders is en hy kon slegs een skildery voor sy dood verkoop nou is sy Starry Night skildery 'n fortuin werd.


Starry Night:

In hierdie skildery beeld hy uit hoe klein die mens eintlik is en dat daar baie groter goed daar buite is, alhowel die kerk in hierdie skildery die grootste gebou is is die bome, berge en veral hemelruim vir hom baie groter en belangriker wat daarop dui dat hy 'n baie gelowige en emosionele persoon was. 

Hy het hierdie geskilder toe hy in die psigiatriese hospitaal in St. Remy was.


Sunday, March 10, 2013

Edouard Manet (Luncheon on the grass)

Manet was 'n Franse skilder en het in tussen 1832-1883 gelewe. Hy was deel van die oorgang vanaf Realisme tot Impressionisme. Sy bekendste skilderye is Luncheon on the grass en Olympia

"Daar is slegs een ware ding: skilder onmiddelik wat jy sien . As jy dit het, het jy dit. as jy dit nie het nie, begin jy weer. Die res is alles nonsens." - Edouard Manet
Dit is 'n baie impressionistiese opmerking wat Manet gemaak het en dalk die mees sinvolste opmerking van enige impressionis.

Luncheon on the grass:

Die skildery was seker een van die mees beroemdste skilderye in die 19de eeu.
In die skildery beeld dit 'n piekniek uit waar 'n naak vrou sit en twee beskaafde mans met pakke aan, wat baie kontrasterend is. Die twee mans lyk asof hulle in 'n ernstige gesprek is en dit lyk nie eers asof hulle bewus is van hierdie vrou nie , nie eers ter sprake of hulle belang stel daarin om met haar 'n gesprek aan te knoop nie.

Soos 'n tipiese, tradisionele stillewe is die vrou se klere, vrugte en brood uitgelê. Terwyl daar 'n baie lukrake figuur op 'n fokuspunt agter die mans op haar knieë is, in 'n stroom, met min klere aan. Sy word te groot uitgebeeld in verband met die grootte van die drie mense wat nader aan die staanpunt was. Met ander woorde , hierdie skildery is baie uit preporsie uit. In daardie tyd was naaktheid in kuns slegs aanvaarbaar indien dit op 'n geskikde afstand van die figuur in werklikheid af was (mag nie te realisties gelyk het nie)


Manet was 'n rebel en het teen die kritieke se reëls gestaan, vrouens kaal geskilder en hulle uitgebeeld presies hoe hulle is, prostitiete. Manet was die middelpunt van die kunsbeweging vanaf Realisme tot Impressionisme

Impressionisme

Invloede:  

Die lanskappe .

Voor impressionisme was Skilderye gewoonlik as minder belangrik beshou. Volgens tradisionaliste was die natuur nie edel of permanent genoeg nie.

Constable was die eerste kunstenaar wat weg gebreuk het van tradisionele landskappe en het suiwer klere gebruik om liefde en respek uit te beeld. Romantisme het 'n groot invloed op die bestaan van impressionisme gehad. Dit het impressioniste help vermy dat die landskap nie oorwerk word nie.

Die wetenskap en kleur van impressionisme : Impressioniste het nie volgens wetenskaplike reëls gewerk nie maar wel wetenskaplike ontdekkings in gedagte hou. Kleure wat naby of langs mekaar gebruik word het 'n groot invloed gehad op die oog en watse kleure die brein opneem.

Die uitvinding van die kamera het 'n groot invloed gehad op hoe Impressioniste skilder, hulle het probeer om een spesefieke oomblik in tyd op te vang en dit uit te beeld in 'n skildery.

Kenmerke van impressionisme

Tema

Dikwels sonnige strate , Water Blomtuine en oplugkafees en slefs binnehuise tonele.

Kleur en lig

-Hulle het probeer om pigmente so na moontlik aan kleur in sonlig te kry.
-Hulle het vermy om Kleure op palette te meng omdat kleure hulle heldery mag verloor as dit gemeng word.
-Hulle het kolle van verkillende kleure langs mekaar geplaas om illusies te vorm in die brein.
-Slegs suiwer kleure is gebruik en swart is totaal en al uitgesluit. Selfs skaduwees is met kleur uitgebeeld.

Kwaswerk

-Kort , sigbare, gebroke kwashale waar elke kwashaal sigbaar is.Sterk buite lyne was nie gebruik nie,
-Elke afsonderlikke kleur is uitkenbaar.
-Verf tegniek is meestal impasto.

Impressioniste het geskilder wat hulle sien in die natuur. En dit het gelei tot modernisme

Saturday, March 9, 2013

Realisme

Realisme is 'n baie subjektiewe benadering van Romantisme. Realiste het gevoel dat die Romantisisme uit voeling was met die alledaagse realiteit en het na waarheid en akkuraatheid gestreef. Die hoofgedagte was om sekere onderwerpe soos die swak toestande en sosiale kritiek uit te beeld.

Realisme vertel stories van wat in die omgewing rondom hulle aangan en idealisering word totaal en al verwerp. Realiste het so ver moontlik probeer om hul kunste getrou aan voorkoms te bly en enige idealisering of stilering te vermy. Realiste was geforseer om afsittende skulderye te maak wat die donker kant van lyding en arbeid uitbeeld.

Realiste het probeer konsentreer op die armer mense wat lei onder slawe arbeid, prostetisie, korrupsie, werkende klas, kleinboere ens. Die beeld is dikwels aaneenlopend en vorms word duidelik gedefinieer. Kwashale is meestal sigbaar terwyl die kleur meestal aardse- en neutrale kleure bevat wat beklemtoon dat hulle lewens nie kleurvol en vol vreugde is nie.


'n Paar voorbeelde van realiste is Jean Dèsirè Gustave Courbet ( 10 Junie 1819 - 31 Desember 1877 ), 'n Franse skilder en die leier figuur van realisme. 'n Bekende skildery van hom is The Stonebreakers 1849. In hierdie skildery beeld hy twee onbekendes uit wat nie as belangrik beskou was in daardie tyd nie.
Honorè Daumier (26 Februarie 1808 -10 Februarie 1879) was ook 'n Franse skilder maar het meer spotprente geskilder as Courbet wat ernstig was. Moontlik sy bekendste skildery was The Third Class Carriage 1863 . Hy lewer dikwels kommentaar oor sosiale- en politieke omstandighede. In die bogenoemde skildery is lig en donker gebruik om aaklige toestande uit te beeld. In hierdie geval was dit die publieke vervoer en armes.

Realiste probeer 'n seker oomblik in tyd stop en daardie oomblik in tyd so realisties as mootlik uit te beeld sonder om 'n mens of voorwerp te idealiseer.

Monday, March 4, 2013

Death of Marat



Jean-Paul Marat was die leier van die Franse revolusie, en was in 13 July 1793 vermoor deur 
Charlotte Cordey.






Sy goeie vriend Jacques-Louis David het hom toe geskulder, in die Neo-klassieke kuns styl.









Dit is duidelik dat David die wêreld van Marat gedink het.  Hy het hom as een of ander god 
geskulder. Die wond op sy bors simboliseer die merke wat Jesus op sy lyf gehad het toe hy 
gesterf het aan die kruis. Daarom kan ons aflei dat David nie n groot gelowige was nie en wou
eerder bewyse hê.















Die sluipmoordenaar (Cordey) het 'n brief agter gelos met sy naam op , om vir die wêreld te sê dit
was hy. Die brief vertaal dan as "Because I am unhappy,I have a right to your kindness." Cordey 
breif aan Marat se ook dat sy informasie het oor die Rusiese revolusie.










Die atmosfeer van die skildery is goed aan mekaar gesit , die swartmure in die agtergrond en die 
afwesigheid van Cordey beklemtoon die belangrikheid van Marat. Marat het vel probleme gehad en  
al oplossing was om in die bad te lê, wat verduiudelik hoekom hy in die bad vermoor is.









Marat is geidialiseerd , daar is slegs een hoof konsentrasie punt en die agtergrond is eenvoudig. 
(al drie kenmerke van neo-klassieke kuns)













Die warm geel lig verorsaak dat daar 'n sogenoemde Horror atmosfeer is. Terwyl Marat 'n rustige , 
redelike gelukkige postuur het.





Tuesday, February 19, 2013

Goya's Ghosts

Fransisco Goya bevind homself in die omgewing waar daar korrupsie in die kerk is, mense word deur die koning en die kerk beheer. Die kerk het hulle indirek regeer en indien hulle nie gehoorsaam was teenoor die kerk nie was hulle tot n onregverdige vraag gesit (put to the question) wat as volg werk: Hulle was gemartel totdat hulle skuldig gepleit het vir 'n oortreding waarvoor hulle onskuldig is.. Daarna was hulle gestraf deur 'n tydperk in die kelders gesit word waar hulle sleg behandel word en selfs geryp word. Hulle was gevorseer om 'n sekere lewenstyl uit te leef.

Voltaire en Jean-Jacques Rousseau was Frankryk se twee mees bekendste filosowe maar het mekaar gehad. Voltaire was tronk toe gestuur en later na 'n Britse tronk waar hy van hulle gewoontes, politieke opinies en geloof begin hou hetr. Terwyl Rousseau het vanaf Frankryk verhuis en in Switserland 'n filosoof geword. Terwyl Voltaire geglo het in demokrasie het Rousseau geglo vrede was onberuikbaar.

Die Franse het Spanje ingeval en Frankryk oorgeneem, kerke was gerevolutioneer, maar Frankryk se inval was nie net positief vir Spanje se inwoners nie, prostetiete was as slawe gevangenis gehou en vervoer oorsee om daar manskaplike werk te doen teen hul wil. Die inval was ne vreedsaam nie en enige iemand wat in die Franse se pad gestaan het was wreed behandel.

Die Spanjaarde was nie alleen nie, Britte het hulle het 'n alliansie met hulle gevorm. (as gevolg van hulle haat vir enige Fransman) Die Britte het vir Lorenzo gevang en hy is deur die bevel van die Koning van Spanje tereg gestel.

Monday, February 18, 2013

Neo-klassieke kuns

Neo klassieke kuns is 'n styl waarin mense hulle idee van die huidige politieke toestand uitleef in 'n ernstige toon , logiese- en moraliserende manier.

Die styl het bestaan toe die Franse revolusie tot 'n republiek in Frankryk gelei het. Soos Napoleon meer mag gekry het , het dit meer in die lyn van propaganda beweeg.

Hierdie styl se ontwerp bestaan hoofsaaklik oor 'n paar figure, wat kalm en onbeweeglik is. ( Klassieke Beeldhoukuns) . Die komposisie was gebalanseerd en georden en bevat dikwels vorms soos driehoeke en reghoeke. Baie harde buitelyne, duidelike vorms en diepte was noodbelangrik vir Neo-klassieke kunstenaars. Terwyl die verf daarvan baie realisties en egalig is. Sterk kontraste tussen kleure word dikwels in sulke skilderye gesien, veral die verwisseling van lig en donker. Die kunswerke is meer objektief, ernstig en intellektueel as emosioneel.


Monday, February 11, 2013

kuns


"Kuns is edel, kuns is boos, kuns is nogtans skadeloos
Kind van sonde, kind van troos, kind van Liefde uit die Oudedoos" -Koos Kombuis-